Soet Suur Kruie Doopsous

Dagsê Lesers,

Hierdie doopsous maak ons al vir jare en dit bly ’n treffer. Almal is altyd so verbaas om te hoor wat die bestanddele is en die bak doopsous is altyd leeg as die gastehuis toe gaan.

Indien jy ’n soeter doopsous verkies, kan jy altyd net bietjie meer kondensmelk in die mengsel inmeng.
Dit is heerlik saam met aartappelskyfies en ons het dit al saam met sout koekies ook geëet en dit is net so lekker.

Hier is die resep:

Doopsous

Bestanddele:

⅓ koppie Kondensmelk
⅓ koppie Mayonnaise
2 mℓ Gemengde Kruie (gedroog)

Metode:

Meng die Mayonnaise en Kondensmelk goed. Proe aan die mengsel en as jy dit soeter verkies, voeg nog bietjie kondensmelk by.
Voeg nou die gedroogde kruie by en meng goed deur.

Geniet!

Klik hier om die Dagbeplanner vriendelike weergawe af te laai.

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>