Tamatiepuree

Goeie dag Lesers.

Ek was gelukkig genoeg om verlede week ’n klein bergie tamaties te kon oes uit die tuin.  En aangesien hierdie tamaties gegroei is van saad wat glad nie geneties gemanipuleerd is nie, was ek verplig om iets konstruktief te doen met die oorvloed tamaties!  Die finale keuse was toe tamatiepuree.  Die tamatiepuree was ’n reuse sukses maar as ek moet eerlik wees; dit is ’n arbeidsintensiewe en tydsame proses vir ’n klein hoeveelheid puree.

Tamaties
Tamaties

Jy kan die volgende stappe volg om jou eie tamatiepuree te maak:

  • Was die tamaties goed af
  • Skil die tamaties
  • Maak die tamaties fyn (ek het dit in die voedselverwerker fyngemaak)
  • Gooi die fyn gemaakte tamaties in ’n pot en prut dit oor baie lae hitte totdat dit ’n dik pasta gevorm het. Onthou om dit gereeld om te roer sodat dit nie vasbrand nie.
  • Sodra die dik pasta gevorm het, druk dit deur ’n fyn sif of sit dit weer in ’n voedselverwerker totdat alles fyn is. (Ek het dit deur die sif gedruk omdat ek nie van die pitte in my puree wou hê nie).

Bottel dit dadelik in gesteriliseerde bottels en skroef die doppe op sodat die inhoud nie uitloop nie.  Sit dan die gevulde bottels in ’n pot met kokende water (maak seker die water bedek die bottels heeltemal) vir 25 minute, haal die bottels uit die water en draai so styf as moontlik toe terwyl die bottels nog warm is.

Puree klaar
Tamatiepuree

 

3 Responses to “Tamatiepuree”

  1. Loretta

    Baie dankie vir die reseppie Het nou lank gesoek na ‘n reseppie en die ene lyk vir my reg.

    Reply
    • Goeiedag Loretta,
      Ons is baie bly dat ons jou kon help met die resep, het jy hom al uitgetoets? Indien wel, was joune ’n sukses? Indien jy enige ander resepte met ons wil deel is jy baie welkom.
      Stuur dit aan: info@boervrou.co.za
      Ons hoop om weer van jou te hoor!
      Groetnis.

      Reply

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>