Dagbeplanner 2015

In vandag se besige lewe, voel ons almal met tye of ons nie weet waar om te vat en waar om te los nie!  En indien jy nie ’n aksieplan/plan van optrede het nie, kan hierdie tye al hoe meer gereeld wees of dit kan die hele tyd so voel!  Deur elke dag ’n tien minute, aan die beplanning van jou dag te spandeer, kan jy hierdie moedelose/frustrerende gevoel stadig maar seker uitskakel.  Selfs al voel jy dalk op hierdie stadium jy het nie elke dag tien minute om ’n boekie in te vul nie, is dit noodsaaklik dat jy dit doen.  Hoe veel minute bestee jy gedurende dag om jouself af te vra:  “Wat is volgende?”,  vir meeste van ons is dit BAIE meer as net tien minute in totaal.

Ons het dus ’n dagbeplanner ontwerp en gemaak in ’n poging om elke Boervrou se lewe meer gebalanseerd en vervuld te maak!

Dagbeplanner 2015Dagbeplanner Maart 2015Dagbeplanner April 2015

Dit is gratis en jy kan dit self aflaai van die webwerf (sien onder) en druk vir gebruik. Continue reading…