Wie is Leanie?

Leanie

My naam is Leanie Vermeulen (een van die dae Naude), ek is tans 28 jaar oud. Ek werk op ‘n aanleg buite Rustenburg in Noord Wes.

Is gebore in Welkom in die Vrystaat, het my verstand gekry in Kakamas in die Noord Kaap, my Chemiese Ingenieurswese graad in Potchefstroom en my liefde (Pieter) hier in Rustenburg.

Ons bly in ‘n wat-voel-soos-‘n-klein huisie binne in die myn gemeenskap van die aanleg waarop ek werk. Pieter werk op ‘n Platinum aanleg nie ver van ons sin af nie.

Ons het twee diere-kinders: Venus die Weimaraner tefie en Baron die Great Dane reuntjie.

Ek en Pieter is gedurig besig met projekte van die een of ander aard in en om die huis. Tans het ons ‘n klein skaalse hoender kuiken boerdery in die agterplaas. Ons plant ook groente vir ons eie en, as daar genoeg is, die bure se gebruik.

Dit is ons droom om eendag ‘n lappie grond van ons eie te besit en geheel en al onafhanklik te wees van die sisteem. U, die leser kan dus net dink wat die ander klein projekte alles behels….

Dinge wat ek graag met die leser wil deel en waaroor ek eindelose gesprekke wil voer is hekelwerk, breiwerk, naaldwerk, kosmaak, holisties lewe, jou eie kos produseer, alternatiewe bronne van energie, hoe om jou huis ‘n tuiste te maak, ensovoorts, ensovoorts.

Ek glo dat soos wat ek en Mariette groei en ons lesers saam met ons groei gaan bogenoemde lys net langer en langer word.

Die Boervrou van ouds se hande het vir niks verkeerd gestaan nie, en dit is waarna ons strewe:

“As die Boervrou van ouds kaalvoet oor die Drakensberge met ‘n ossewa en tien kinders kon trek, kan ek  (vul u eie idees in die spasie in) verseker regkry.”

Sien uit daarna om met u te gesels.

Groete

Leanie

2 Responses to “Wie is Leanie?”

  1. Flakie Potgieter

    Dankie vir die inspirasie Leanie! Ek is ook altyd doenig in die grond en maak my eie organiese kompos. Ons wil ook graag heeltemal onafhanklik van die sisteem leef en kry dit tot ‘n mate reg hier in die stad…ons bure het net gekla oor my hane wat kraai. Hul wil eerder na die stads lawaai van toeters en remme luister. Hoop jul gaan van krag tot krag.

    Reply
    • Baie dankie vir jou kommentaar Flakie. Dit word opreg waardeer. Om onafhanklik van die sisteem te leef is oor die algemeen nie ʼn maklike taak nie, veral in die stad kan ek my net indink! Jy is meer as welkom om van jou idees met ons te deel. Kontak ons gerus by dieboervrou@gmail.com.
      Baie sterkte met jou bure en heerlike dag vir jou.

      Reply

Leave a Reply

XHTML: You can use these tags: <a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>