Salie

Dagsê Lesers!

Hier is nog ’n krui wat van groot waarde is en ook ’n MOET vir enige Boervrou se tuin.

Salie is ’n maklike groeier en het nie vreeslik baie aandag nodig nie.
Salie is ’n meerjarige plant met ’n gemiddelde leeftyd van vier jaar.
Die plant se hoogte wissel tussen 35 en 60cm. Omdat Salie se takke verhout word dit as ’n halfstruik beskou.
Salie lok ook bye en vlinders na die tuin.

Salie

Continue reading…


Stories van die Lesers

Ons wil graag ons lesers uitnooi om hulle eie stories, wenke en resepte met ons almal te deel.

Stuur dit gerus na info@boervrou.co.za om dit te laat publiseer op die webblad.

Teken ook gerus in op die nuusbrief om dit gereeld te ontvang.

Ons het voorsiening gemaak vir al die lesers wat ‘Pinterest’ gebruik en het die knoppie op die blad geïnstalleer vir maklike gebruik daarvan.

Indien U enige probleme ondervind met enige van die funksies op die blad stuur asseblief vir ons epos om ons van die probleme bewus te maak sodat ons dit kan oplos.

Deel ook asseblief die blad met vriende en vriendinne.
Ons sien uit daarna om van julle te hoor!

Groetnis,

Leanie & Mariette.


Kruisement

Dagsê lesers.

Die inligting wat ek vandag met u wil deel, gaan oor Kruisement.  Hierdie is ‘n krui wat elke Boervrou in haar tuin MOET hê.

Ek kan persoonlik getuig van die positiewe uitwerking wat Kruisement op die spysvertering stelsel het.  My kruisement plant word behoorlik vertroetel en opgepas.  Daar is voortdurend kruisement blare in die voedseldroër vir my daaglikse koppie (soms koppies) kruisement tee.
Kruisement

Continue reading…


Vinnige Kaas Skons

Hierdie skons is regtig ’n vinnige staatmaker, mens kan dit sommer gou voor werk in die oggend maak en dan het mens heerlik ontbyt of vars skons vir ete by die werk. As mens onverwagte gaste kry en gou iets lig wil voorsit saam met koffie of tee, dan is die net die resep daarvoor.

Die resep het ek by Tannie Huibrecht Eksteen gekry, sy het dit so gegee: “Die resep vat ’n koppie meel, koppie melk, een eier en so bietjie olie, sout en bakpoeier en so handjie kaas.”

Dit is mos hoe ons Oumas kos maak, so bietjie van die en so bietjie van dat. Wel, dit is hoe ek altyd gedink het en op die ou end maak mens mos self so, dan vra iemand jou die resep en dan begin mens ook wonder hoeveel het ek nou eintlik ingesit!

Ek probeer maar as ek iets nuut maak, klaar die hoeveelhede neerskryf van wat ek insit sodat mens kan weet na watter mate om die resep aan te pas as mens dit graag weer wil maak. Hoeveel keer maak mens nie iets en kry dit net nooit weer so gemaak nie, want die belangrikste bestanddeel het vergete agtergebly?

Hier is die resep:

Vinnige Kaas Skons Continue reading…


Basielkruid

Basielkruid

As ‘n beginner in die kruie tuin afdeling, het ek besluit om te begin met iets wat volgens meeste kenners maklik is om te groei en te onderhou. Dit is ook my gunsteling krui: BASIELKRUID.  Continue reading…


Pannekoek

Dit reën te heerlik hier by ons vandag. Dit veroorsaak toe dat vandag Pannekoek-dag word! Hier is die resep:

Pannekoek

Bestanddele:

2 koppies Koekmeel
1 teelepel Sout
½ teelepel Bakpoeier
2 koppies Melk
2 Eiers Continue reading…


Suurdeeg Potbrood

Suurdeeg Potbrood

 

Die potbrood neem heelwat langer as gewone brood om voor te berei maar die eindresultaat maak dit alles die moeite werd!

Bestanddele:

1 ½ koppie water
¼ teelepel droë kitsgis
½ teelepel seesout
3 koppies meel Continue reading…


Gemmer Koekies

Gemmer Koekies

Bestanddele:

500ml Koekmeel
50ml Fyn Gemmer
5ml Fyn Kaneel
2.5ml Koeksoda
2ml Seesout
250ml Suiker
80ml Stroop
1 eier
180g Botter
Bruinsuiker om koekies in te rol Continue reading…


Wie is ons?

Ons is bekommerde vroue van die Boervolk wat probeer om ’n verskil te maak. Nou sal u dink: Bekommerd? Waaroor? Ons is bekommerd omdat ons sien dat ons Volk se mense het geen passie meer vir Volksake of selfs die alledaagse bestaan nie.

Die blad wil ons ook graag opdra aan die Boervroue van ons Volk wat ’n aandeel gehad het in die ontwikkeling van die land.

  • Dit was die Boervrou wat haar man aangepor het en moed ingepraat het op die Trekpad tydens die Groot Trek.
  • Dit was die Boervrou wat na die moord by Bloukrans rivier in 1838 aan haar man gesê het: “Ons gaan nie terug Kaap toe nie, ons loop eerder kaalvoet oor die berge as om terug te gaan. Ons bly.”
  • Dit was die Boervrou wat met die Anglo-Boere Oorlog (voor die verskroeide aarde beleid) vir die mans kos verbou het wat op kommando was en as die mans tussen slagvelde huis toe gekom het vir voorrade was dit die Boervrou wat gesê het: ‘Jy was nou lank genoeg hier, vat jou voorraad en gaan veg vir ons Vryheid.’
  • Dit was die Boervrou wat gesê het: ‘Ja, vat die seuns (al was van hulle net 8 jaar oud) en laat hulle saam veg.’
  • Dit was die Boervrou wat na die oorlog by haar afgebrande huis gekom het, na die skuur gegaan het en op haar knieë gaan staan het en die koring korrels tussen die vloerplanke uitgekrap het en gaan plant het om weer kos vir haar gesin te voorsien.

Continue reading…


Wie is Mariette?

MarietteP
My naam is Mariette Potgieter (gebore Grobler) gebore op 13 Maart 1987 in Senekal in die Vrystaat.
Al het ek net die eerste 3 jaar van my lewe in die Vrystaat gebly voor my ouers Transvaal toe getrek het bly ek ‘n Vrystater in murg en been. Daar is geen plek in hierdie land waar ek meer tuis voel as in die Republiek van die Oranje Vrystaat nie.

Ek het grootgeword in die Transvaal en woon steeds hier naby Krugersdorp op ’n plaas saam my man, Anton Potgieter en ons vyf diere kinders, twee honde, Trixie en Breker en die drie katte, Bienkie, Gemmer en Strepies. Continue reading…